Keuses

February 8, 2008 at 11:59 am (life)

Het ‘n mens regtig altyd ‘n keuse. Daar is die spreek woord dat jy jou eie keuses maak en dat jy altyd een het. In my ondervinding is dit waar, tot ‘n mate maar ook heeltemal onwaar.

Partykeer staan jy voor ‘n keuse maar jy het nie al die inligting nie en omdat jy nie weet dat jy nie al die inligting het nie, neem jy dan ‘n verkeerde besluit net om ses maande of tien jaar in die ry af agter te kom maar, “O disnis,” ek het die verkeerde besluit geneem en nou is daar nie ‘n omkeer kans nie.

Mens staan dikwels voor hierdie keuses in jou tiener jare, jou ouers is te besig met hulle eie dinge om agter te kom dat jy oningelig en sonder genoeg ondervinding keuses moet maak wat die res van jou lewe gaan bepaal.

Later het jy meer inligting maar jy maak slegte besluite omdat dit op daardie tyd dalk na die beste oplossing lyk. Ek is altyd een wat lank en deeglik wik en weeg en na al die moontlike uitkomstes probeer kyk maar jy neem nog steeds ‘n oningeligte besluit want jy weet nie hoe die ander om jou oor ‘n paar maande of jaar gaan reageer nie. Al het jy nou die moeite gedoen om hulle in te lig en hulle mening te kry oor die groot besluit.

 Wanneer jy dan later terugkyk kom jy agter jy het nie so baie opsies gehad soos wat jy gedink het jy gehad het nie en dit was dikwels, in my lewe die geval, dat ek moes tussen een swak, slegte situasie en ‘n ander een kies, en moes maar die beter een van die twee kies. Het ek wel die ander besluit geneem sou ek ook nou nie juis beter gevoel het oor wat uiteindelik gebeur het.

Vrouens veral staan dikwels in hulle middel dertigs met besluite wat geneem moet word op grond van ‘n man se werk en toekoms planne.  Jy neem dan die besluit wat op daai stadium na die beste opsie lyk. ‘n Paar maande later tref manlief se “mid liffe crises” en jou wereld tuimel inmekaar.

Daai krises van hom is so erg dat jy later net wil weghardloop, en ek begin twyfel of so man wat halsoorkop en sonder anker deur sy krises tuimel regtig ‘n vrou se ondersteuning verdien. Die mans wat na hulle vrouens draai en hulle hande vashou om hulle self te help is ‘n ander saak.  Ek praat oor die man wat totaal kop verloor en jou sommer uitsmyt omdat al hierdie dinge wat nou op hom af kom op een of ander wyse dan nou jou skuld is.

En die vrou sit met die gebakte pere, sy het besluite geneem wat haar dalk in ‘n mate haar onafhanklikheid gekos het en nou sit sy na tien jaar as huis vrou skielik op straat die slagoffer van haar man se vriende se skinder veldtog.

Al die vriende wat jy gedink het jy gehad het en 18 jaar lank met sorg na die vriendskap omgesien het is skielik weg, daai is nie die vrou se keuse nie. En so ook baie van die dinge wat in hierdie tyd gebeur. Jy vind jy moet inval by sy keuses en jou keuses raak al hoe minder en kleiner tot jy later niks meer het nie.

Partykeer kom die man tot besinning en ‘n mens kan oor begin en weer probeer maar wat maak jy as hy so baie aangejaag het dat hy in ‘n besigheids venootskap vasgevang is met die snuifie wat nou in die tussen tyd die vyand geword het.  Eerstens kry jy na ‘n tyd die gevoel hy wil nie regtig uit die storie uit nie, maar sy plak in jou huis en jy moet maar iewers anders woon.

So ek kyk na my keuses, kry ‘n eie werk, ek het, dit het nie goed gegaan nie, eerste ronde het ek opgeland in die kloue van ‘n sekspes, die ou man was gelukkig stadig en hy wou eers die sielkundige sagmaak speletjies speel.  Ek was as jong dogter baie onder die pote van sulke mans so ek het hom sien kom en eenvoudig soos ‘n sleg hond van die werk weggeloop. Die volgende plek was nie veel beter nie, die mishandeling aan die hande van ‘n suur en mislike ou vrou vir nege maande het my so bedroef gemaak dat ek byna 20kg verloor het.

Toe was dit nou maar ‘n besluit tussen die soort van mishandeling of die stil maar eensame lewe van die minnares van my eks man. Ten minste weet ek wat die ergste is wat hy kan doen en dis darem beter as om heeldag te moet vlug vir kloue en weg kruip in myself en nie meer eet nie.

Nou as ek terug kyk kan ek sien waar ek die verkeerde keuses gemaak het, elke keer wat ek wou gaan en toe gebly het het die moontlikhede om ‘n lewe vir myself te maak al hoe kleiner geword. Op die laaste, so tien jaar gelede het ek besluit om my toe te spits op my verhouding en alles in te werp om dit te laat werk en nie meer vir myself ‘n loopbaan en lewe te probeer behou nie nie. Ek het ses perde gehad en sonder hulle beteken die lewe vir my regtig niks.

Ek het al die opsies oorweeg en al die moontlikehede gekyk maar niks wat ek kon doen of maak nie sou my ‘n lewe saam met hulle kon gee nie. Maak nie saak wat nie dit sou ten minste tien jaar neem om enigeiets te kon he, teen daai tyd sou die meeste van hulle dood wees. Ek stel nie in myself belang nie so nou sit en wag ek maar net die jare om.

Dis bitterlik eensaam en ek verlang na die perde en ek verwyt myself dat hulle gelos het en nie harder baklei het nie.  Ek weet ek nie ‘n keuse gehad nie, ek weet ek het so hard baklei vir hulle as wat ek kon.  So nou sien ek hom, hy het my perde maar ek mag hulle nooit sien nie. Een is al dood en twee van die ander raak nou baie oud en ek het hulle in byna vyf jaar net een keer vir ‘n paar minute gesien. My hart het daai dag in ‘n duisend stukke gebreek en hy sal nooit weer heel wees nie. 

Nou het ek niks keuses meer nie, hier in die klein land met sy klein verkrampte gemeenskap is regtig niks meer vir my nie.  Al wat ek wil he is om weg te trek na ‘n beter plek en ‘n beter lewe.

 Ek het ‘n bitter duur les geleer, moet nooit, ooit ‘n besluit neem op grond van ‘n ander een se beloftes nie, ek praat nou nie van klein goed nie, ek praat van groot lewens noodsaaklike dinge, want ‘n mens wat nie ‘n belofte kan hou om kaas van die dorp af te bring nie gaan ook nie sy belofte hou om die liefde wat hy weggeneem het terug te gee nie.

Selfde vir werkgewers, nie een het hulle beloftes gestand gedoen nie maar ek was onder ‘n vergroot glas om myne te hou.  Daar was geen geskrewe ooreenkoms nie en toe ek sien maar hierdie mense gaan nie reg maak met my nie het ek geloop.  Ek gaan nie lammers slag (wat my siek gemaak het) en skottlegoed was in my aftyd vir mense wat my nie regverdig kan behandel nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: