Now what?

May 10, 2008 at 7:58 am (General Ramblings, life)

Can someone tell what happens to a man?  I lived with a man for twenty years for 18 of those years, he was difficult to live with, but he was basically kind and honest, he was faithful, he had moral values and decency.

Then suddenly he changed, he became mean and abusive, he started screwing around. I forgave him and gave him a second chance and then he plotted with my best friend to throw me out of my home, they started a campaign to drive me over the edge, she of course hoping I would commit suicide, I tried.

He made her a partner in the business I had sacrificed so very much for, she gave him 100 000 rand to let her move into my home.

 I put it down to the male midlife crises and when he had an epiphany and realised what he had done, I was a sucker for some more punishment and naively forgave him and he asked me to wait while he “sorted out his problem” five years of tears and heartache later, working at the crappiest possible jobs, living in tiny one bedroom apartments, I waited.  I gave up working and lived on the hand outs he gave me in return for sex.

And he lied and lied and lied, I suspected he was lieing so after trying to get the truth out of him I asked for proof which of course he could not provide, so I got the proof myself. And I got to spit in her face which was something I have wanted to do for a long time.

Now i just wonder how can someone who until he was forty was a decent human being turn into a lieing, backstabbing, cheat in five years?

I cannot work, my emotional health is too fragile and unstable, I am dependant on him and I have no where to go. I had lovely horses, they took them from me also and they took all my cats. Now I have two wonderful cats whose lives will also be disrupted, and I care about my animals after what people have done to me, I much prefer them anyway.

I have no one, no family, no friends, I spend my days completely alone, I started this blog just so that I can feel like I am not insane.

I loved and trusted someone for 25 years and he was not who I thought he was.

 

Permalink 2 Comments

Maart Maand en my nuwe musiek….

March 24, 2008 at 12:12 pm (life, Music)

Ek het lank laas iets gegriffel, dis nie dat ek nie iets het om te se nie, ek het altyd, baie.  Maar daar gaan dae verby wat ek glad nie op die internet of in my blok kan in kom nie, die alewige gesukkel met die internet maatskappye en Telecom maak my lam, sal nie se waar nie.

En dan as ek ‘n halwe kans kry om in te kom dan wil ek graag my plakboek goeters oplaai en deel.

Maar vandag wil ek gesels oor Maart, die maand, en nee nie die een waar Paas Fees my agter my kop kom klap het soos ‘n oorhoekse brander nie. Daar is die gesegde dat October die mooiste mooiste maand is, in blomme prag stry ek glad nie daaroor nie, veral as mens in Pretoria of Tsumeb bly, ook Windhoek is daardie tyd van die jaar asemrowend.  Maar die weer is mislik en die sonbessies begin skree, nou ek haat wind net ‘n bietjie minder as wat ek sonbessies haat en een wat in my huis in verdwaal is op ‘n selfmoord missie.  Maar hulle is vieslike goed, hulle dien geen doel anders as die geraas nie, lelike parasiete wat veral teer op uitheemse bome en daar is geen dier wat hulle wil vreet nie, nie wat ek nog gesien het nie.

Maar Maart is vir my ‘n lieflike maand, die sonbessies het lankal verkas en die ander sommer goggas raak ook still, die swaeltjies draai met hulle pragtige gechirp in die lug rond.  As dit die jaar mooi gereen het is die lug mooi skoon van stof en met die seisoene wat draai is die lig ook sagter.  Die weer is koeler en die wind is aangenaam.  Reen is geneig om meer stormagtig te wees maar daar is iets omtrent reen in Maart wat spesiaal is.  Ek hou ook van die gelyke dae, daardie kort dae in die middel van die winter en die elle langes in Desember gooi my binne horlosie uit en ek raak ‘n bietjie om gealley, depressie is my maatjie en hy loop altyd saam en hier in die winter klim hy somer op en ry dan op my rug tot Maart bietjie verligting bring.

Ek het ‘n paar CD’s gekoop die laaste dae, het Melanie Lowe se Unspoken Truth gekry, man sy het ‘n pragtige stem en ek hou daarvan dat sy nie uitverkoop het aan kommersialisme nie, pratige liedjies veral Colour Me Blue.  Verder het ek gekrap in die supermark se mandjie, het vir Ge Korsten nader getrek, sy stem was maar net fantasties en die musiek klink nie oud of iets nie, het dit baie geniet. Het ook ‘n Roger Whittaker album gekry, ek hou tog van hom,  en een van Andre Schwartz waarna ek nog moet luister, ek ken nie die liedjies daarop nie maar ek hou altyd van musiek wat vir my nuut is.  veral goeie Afrikaans, oud of nuut maak nie saak nie, ek weet ek het baie gemis in die jare wat ek nie eintlik blootstelling aan Afrikaans gehad het nie en ek prober so bietjie inhaal.

En dan moet ek iets kwytraak oor die Rugby, ek kon maar net nie geboei raak deur hierdie naweke se wedstryde nie, ek dink darem nie die Cheetahs het te sleg gevaar nie, oor die bulle sal ek liewer niks se nie, die Stormers doen regtig goed.  Die Leeus wedstryd het in die tweede helfte lewe gekry en dit het ek tog geniet.  Ek wonder net party dae oor die kommentators nie soveel wat hulle se nie, ek geniet die verskillende uitkyke en kommentare en veral die Australianse ouens vind ek baie snaaks.  Maar die wat hulle altyd probeer om ‘n wedstryd meer opwindend en interesanter te laat klink as wat dit is….man vervelig is vervelig is vervelig….

 Dis so die middel van die Super 14rond en ek weet dat dinge in so lang toernooi maar begin deurhang so ek weet daar kom beter dae.

Nou ja dis eers genoeg, mooi bly tot later.

Permalink Leave a Comment

March 7, 2008 at 2:31 pm (life)

Daar word ek van oggend wakker met so ‘n yslike hartseer in my en my hart is so swaar ek ‘n sleepwaentjie nodig vir hom wanneer ek Quickshop toe stap vir die koerant.  Die laaste week was rof.

Daar moet groot fout wees met ‘n mens se lewe as jy die dag op die 29ste Februarie 2008 veertig word en net twee mense wens jou geluk. My eks en ‘n vriendin met wie ek soveel jare laas kontak gehad het dat sy nie eens weet wat alles oor my gekom het die laaste vyf jaar nie.

Vandat ek aan depressie ly probeer ek maar net deur elke dag kom, dit gaan al beter en daar is darem hier en daar dae wat ok is, ek dink ek’s nog baie ver van goeie dae af en die eensaamheid keil my kwaai op. En ek is moeg gewag. En ek verlang na my perde.

Maar hoekom vanoggend so ongelukkig, dis mos Maandae se kwale daai alhoewel dit darem die laaste tyd beter gaan daarmee.  Iewers in laas week kry ek ‘n ligte verkoue, nie te erg nie maar genoeg om ongemaklik te wees, ek doktor hom met homeopatiese goeters, Sinutab en Vitamine C.

Toe teen die naweek tel ek ‘n maag gogga op, dis seer, krampe vir omtrent drie dae en toe rak dit daai tyd van die maand. 

Dis vir my ‘n lewenslange stryd en ek wil sielkundiges wat vrouens aanraai om daarmee te leer saamleef omdat dit bepaal hoe hulle ander dinge sal kan hanteer sommer met ‘n hof eis dagvaar. As ek alles kon uithaal het dit op 28 gedoen want ek het toe al geweet ek wil nie kinders he nie.

Die mees onsimpatieke mense teenoor uiters pynvolle maandstondes is vrouens wat dit nie so ervaar nie.  Hulle kan nie verstaan nie.

Myne is vrek vrek seer en ek kry inflammisie in my onderlyf, rug en elke gewrig, die pyn begin al so week voor die tyd en hou dan nog ‘n paar dae daarna aan. Dis bo en behalwe persoonlikheids ontwrigtende pms, migraines en al daardie ander lekker goeters.

Gelukkig is myne baie kort net twee of drie dae en daarvoor is ek dankbaar. Dit het my al twee keer na die ongevalle saal gedryf waar ek voltaren en buscupan inspuitings moes kry om dinge onder beheer te kry.

Ek het al alles probeer, die doktors wil nie help nie, die oomblik as hulle hoor ek het nie ‘n mediese skema nie stel hulle nie verder belang nie. Die pil het vir jare nie met my geakkorder nie maar na 35 kon ek dit weer neem en dit het darem gehelp.

Maar ek moet sterk skedule vyf pynstillers daarvoor neem en my ma kryt my uit as ‘n dwelm verslaafde.  Sy moes ‘n historektomie in haar dertigs ondergaan en dis haar geheim hoekom, dit sal dalk help as ek weet…..sy het meer as 30 jaar laas ‘n maandstonde gehad, wat weet sy.

Ek kan die pyn pille in elk geval nie vir meer as twee dae neem nie want dan pak my maagseer weer sy tassies uit, hoe de hel kan ek verslaaf wees.  Maar dis hulle wat my nou onder kry, ugh ek wil die goed nie meer neem nie, hulle tas my koordinasie aan en maak my dom en vergeetagtig. En ek’s lomp en vergeetagtig genoeg, ek het nie hulle hulp daarmee nodig nie.

Nou se ek vir myself in Mei 2006, goed ek lewe met die pyn en los hulle, daardie maand kry ek infeksie in my lae rug en dit sit nog steeds hardnekkig daar.

Ek lees en lees en kom later tot die gevolgtrekking ek moet endiometrisis he of cystitis, die een doktor het my jare gelde met ‘n spatiese dikderm gediagnoseer, dikwels kry IBS die skuld vir beide kwale. Maar nee ek het volgens hulle nie een van die twee nie en die kroniese pyn in my onderlyf is die dikderm, my dikderm is fine ek het te min van die ander simptome en te veel van daais wat jy kry agv endiometrisis en/of cystitis, maar hulle wil nie kyk nie.

Nou ja, in elk geval terug na my hartseer vanoggend en lang eensame dag, ek dink die pyn het my net onder gekry. 

Ag ek wou net praat.

Permalink Leave a Comment

Ontgroening en Skuil Kamera Programme

March 5, 2008 at 3:54 pm (life)

Ek voel dat ek tog maar iets moet se oor die Reitz insident.

Ontgroening is maar altyd ‘n twis punt, ek is een van daai mense wat dit nie sou kon verwerk het nie en is dankbaar dat ek dit vrygespring het in my lewe.  Toe ek in Standerd vyf na ‘n nuwe skool toe is het niemand my geken nie en omdat ek heelwat ouer gelyk het as wat ek was het die “ontgroenings groep” gedink ek is ‘n nuwe leerling in std 7 of 8 so hulle het my uitgelos, teen die tyd dat hulle agter gekom het ek was ‘n nuweling was die tydperk van ontgroening verby.  Die skool was redelik streng oor wat toelaatbaar was en daar is net ‘n sekere tyd daaraan toegestaan en net sekere seniors is toegelaat om deel te neem, dit was darem nie ‘n “free for all” nie. 

 Een seun in my klas, ‘n groot lomp kind met rooi hare, sproete en ‘n bril het regtig swaar gekry en ek het hom baie jammer gekry, dit was net wreed.

 Nadat ek verskeie stories gehoor het oor ontgroening op universiteit was dit een van die dinge op my teen lys en het ook daartoe bygedra (in ‘n klein mate) dat ek nie verder gaan leer het nie.

Dan verpes ek programme soos Af, Jack Ass en Leon Shuster skuil kamera tipe van flieks en programme, ek sal dit net onder dwang kyk en dan sit en werk ek liewer my volgende plak boek uitleg of wat ookal in my kop uit.  Ek is jammer maar ‘n mens lag nie vir ‘n ander een se verleentheid nie, en nog minder skep jy daai verleentheid vir jouself en ander om oor te lag, dit is net hoe ek daaroor voel.

Nou ek verstaan die protes punt van hierdie seuns en om verskillende kultuur groepe teen mekaar op te dwing is maar net moeilikheid soek.  Dis net so goed ons verwag nou dat laerskool kinders en ou mense moet saamwoon, dis reg vir sosiale interaksies maar vir saam bly, nee ou mense beweeg teen ‘n stadiger pas en kinders hol, dit sal nie werk nie. (Ek bedoel dit baie breedvoerig, ek weet daar is baie gevalle wat ouer mense en kinders goed saam bly, dit is ‘n voorbeeld wat ek kan verstaan en ek wou graag iets gebruik wat nie oor kleur grense sou gaan nie.)

Fok ek is net 40 en die buurmense se woelige kinders, wat ek nooit sien nie want hulle is anderkant ‘n hoe muur, irriteer my party dae grensloos.  Ek wens daar was woonbuurte wat’n mens in kon bly waar daar nie kinders en honde was nie, ek sal verkies om tussen ander mense soos myself te woon. 

Maar die manier wat die seuns gekies het om hulleself uit te druk is onaanvaarbaar op elke vlak.  Wat het skoon makers in elk geval met ontgroening te doen? En daai vrouens sou nooit kon verstaan het wat nou eintlik die groot grap agter dit was nie. Nee, dis verkeerd en ek hoop ons jong mense se obsessie met hierdie onsmaaklike vorm van vermaak sal nou ook die aandag kry wat dit verdien.

Wat my net hartseer maak is dat so iets die internasionale nuus kanale en koerante maak (asof die wereld nog nie genoeg stokke het om Afrikaaners mee te slaan nie) maar dat die moord, doodslag, verkragtings en ander geweld van Suid Afrika net bree dekking kry indien enige, wat van Razelle, Sheldean? En daai lys is baie lank.  Om nie eens te praat van die sottery in die politiek nie.  Ek sal myself maar uit politieke gesprekke hou, so kom ons verander die onderwerp, dink iemand regtig die Bulle kan die pyp rook in die Super 14 hierdie jaar?

Nou ja op daai nooit groet ek.  Mooi bly tot ‘n ander keer.

Permalink Leave a Comment

Stupid Things People Do

February 20, 2008 at 1:29 pm (life)

Today I want to devote some time to the stupid things people do, the last few days have delivered some real bright sparks.  I’d like to include the estate agent I rent from but I fear that she has not yet reached her peak.

Unfortunately I do not have images of them all but here goes, in no particular order.

During the Cheetahs/Lions match the camera panned in on the crowd, there was a young woman with a small baby on her shoulder, taking a long deep drag from her cigarette, yuch.  How is it possible that a woman in today’s world does not realise how bad smoking is for babies, no wonder they have to make laws to stop people harming their own children, as if crime does not supply the law makers with enough work. I fully understand the need to smoke, I don’t smoke, but I understand.  I do not understand how you can smoke around children.

The next one is people who get sick from taking the wrong medication and then they blame the chemist. I for one will never ever take any medication without reading the enclosed pamflet, the doctor will never tell you everything, he simply does not have the time. And before you take strong medication you should inform yourself as to what it’s for, how it works and what the side effects are so you can also know when you should stop taking it immediately.  Then you should also see that the pills you got and the problem the doctor diagnosed are not compatable.  Just read the pamphlet, it is not packaging material.  And if there is no pamphlet Google it!  It is your duty to inform yourself and you cannot blame someone else if you get sick from wrong medications you took yourself.  It’s another matter if the doctor gives you the wrong injection but this was not the case.

And then, oh boy, this one just made me shake my head.  Someone sent R 150 000.00 worth of sms for a competition to win a BMW, bright fucking spark, goodness. And now they blame the organizers of the competition and the self phone company, no one, ever forced you to send so many sms’s, don’t you have anything better to do?? Enough said.

This guy tried to cross the river in a sedan car….

car-in-river.jpg

Picture from Republikein Monday 18 February, taken by Nico van Dyk

And this guy thought he could cycle across….

crossing-001a.jpgcrossing-001b.jpgcrossing-001.jpgcrossing-002.jpgcrossing-003.jpg

These brilliant photos were in Republikein 15 and 18 February taken by Francois Poolman.

Needless to say we have had allot of rain.

Have a good day all.

Permalink Leave a Comment

Kind Molesteering

February 13, 2008 at 1:53 pm (life)

Kind molestering is ongelukkig ‘n hopeloos te groot deel van die samewleing.

So het dit my geaffeketeer, toe dit tyd was om aan kinders te dink het ek altyd verskonings gehad om nie swanger te word nie en die groot begeerte om ‘n kind te he het nooit in my posgevat nie, as jong volwassene was my grootste vrees dat dit wat met my as kind gebeur ook met my kind/kinders sal gebeur en ek wou nie die kans vat nie.

Vandag is ek eindeloos dankbaar ek het nie kinders gehad nie en ek sal ook nooit spyt wees daaroor nie. Net te ironies, ek het vir jare met voorbehoed middels gesukkel net om met redelik sekerheid vas te stel, heel later, dat ek endiometrisis het en waarskynlik nooit sonder geweldig baie moeite en mediese inmenging in elk geval sou kon swanger raak nie.

Maar om verder te praat van die newe effekte, ek vertrou geen man wat met kinders karring nie, selfs die storielyn met Rex en Zanele in Egoli maak my kriewelrig, ek hou nie daarvan nie, mans het niks met kinders wat nie hulle eie is verloor nie.

My pa was ‘n geweldige afwesige pa so ek het geen konteks vir ‘n gesonde verhouding tussen ‘n man en ‘n kid nie.

En ek blameer my ouers, hulle het baie partytjie gehou en besige sosiale lewens gehad, terwyl beide van hulle verslae werkohliste was, so hoeveel tyd het hulle regtig oor gehad om aan hulle kinders te bestee? Hulle was dalk onkundig en daarvoor blameer ek hulle nie maar my ouers het regtig nie gekyk nie. Fok ek het nie eens geweet wat met my gebeur is verkeerd nie. Dit was dan die ooms waarmee my ouers so lekker gekuier en drink het, ek het later begin dink dit moet so wees, al hou ek nie daarvan nie (ek was ook nie geleer dat ek daai reg het nie) en was beledig as ‘n oom nie “so” aandag aan my gegee het nie.

Ek was darem, gelukkig (ongelukkig) net een keer gepenetreer (verkrag) met die penis en nooit onderwerp aan mondelingse seks nie maar daar is baie ander dinge wat hulle kan doen glo my.  Ek het nie geweet ek kan met my ma-le praat nie, want daar is nooit vir my gese moenie dat mense daar vat nie. My ma het ons baie hard met ‘n hanger gevoeter toe sy ons eendag vang dokter dokter speel maar sy het nooit verduidelik hoekom dit verkeerd was nie. So sou ek haar vertel het wat die ooms dan nou doen, dan was dit ook’n pakslae vir my. Toe ek haar jare later vertel, toe word daar net gese sy het nie geweet nie en die hele ding is, soos alles anders wat haar nie pas nie, onder die mat ingevee.

Ek het self later uitgewerk die dinge is verkeerd en dit stop gesit, ek het geweier om in die mense se huise te gaan en my ma-le was vir my kwaad omdat ek dan nou kwansuis ongeskik is.  Ek sal vandag ook geen mens wat siek word of dood gaan goed praat as ek weet hulle was slegte mense nie en in ons samelewing is dit sosiaal baie onaanvaarbaar.

Die een ou onthou ek goed, ek was toe al bietjie groter en het myself uit sy kloue verwyder, ons het so baie in hulle huis gekom dat ek voor die insident baie tuis gevoel het daar, my ma het nie dinge soos privaatheid ens aan my verduidelik nie en ek was nog klein, toe krap ek eendag in die vrou se beddekassie se laai, ek voel vandag nog soos ‘n hond daaroor. 

In plaas daarvan om my een kant te neem en te vertel luister dit is nou verkeerd, of foeter my dan nou, moes ek die res van die tyd wat ons daar gekom het geluister het na die vrou se neerhalende en snedige opmerkings as niemand naby was nie, al het ek jammer gese, en toe het haar man homself aan my opgedring.  Die een keer wat die vrou my so afgekraak het het dit op my lippe gele om vir haar te se wat haar man aan my gedoen het, plaas ek het. Die vrou was daai tyd swanger, hulle het ‘n dogtertjie gehad en haar dieslefde naam as myne gegee, ek sal dit nooit verstaan nie.

Dis moeilik vir my om enige iemand te vertrou en my self vertroue is baie laag, ek het myself geblameer vir ‘n lang tyd, selfs nadat ek volwasse was maar nou verstaan ek dat ek aandag gesoek het omdat ek nie aandag gekry het waar ek dit moes gekry het nie, en dit is die volwassene se verantwoordelikheid om nie met ‘n kind te neuk en nie die kind s’n nie.

Omdat my pa so afwesig was en ek as jong kind chronies blootgestel was aan ander mans het ek baie vroeg in pubertiet ingegaan, ek was sewe. Baie jare later sou ek lees dis medies bewysbaar dat die pa se teenwoordigheid juis puberteit in die dogters onderdruk. So op nege het ek begin menstrueer en nou ja ‘n mens se dae van kind wees is dan verby, dit was van die begin af hel uit seer. Jou hormone begin hulle ding doen en in plaas van speel stel jy belang in seuns. Seuns my eie ouderdom het nooit in my belanggstel nie en ek het op dertien al met volwasse mans begin uitgaan.

Dit het baie vroeg begin by die dag moeders waar ons gelos is, tiener seuns het na skool soentoe gekom en hulle het met die klein kindertjies gepeuter, hulle het my broertjie ook vreeslik getreiter en ek weet nie wat alles aan hom ook gedoen nie. Toe was dit die hoerskool seuns wat my ouers gehuur het as baba oppasers en lyk my as dit eers gebeur is ‘n dogtertjie soos ‘n pot heuning en was dit ‘n toeloop van uit my pa-se vriende kring.

Die hele ding het my kinderjare gesteel en teen die tyd wat ek geweet het wat gebeur het was dit te laat om iets aan die saak te doen. Ek kry myself nie jammer daaroor nie en dink ek het nie te sleg uitgedraai ten spyte van ‘n slegte begin nie.  Ek het nooit rondgeslaap, gedrink of dwelms gebruik nie, ek rook nie eens nie.  Ek cope nie te goed met die werklike lewe nie en is baie sensitief maar ek maak niemand seer nie en ek misbruik niemand nie.

Ek praat van uit die oogpunt van die kind wat ek was in groot gedeeltes van hierdie skrywe, vandag dink en weet ek dat ‘n groot mens meer inligting en verwysings raamwerke het as wat ek as kind gehad het.

Permalink 1 Comment

Keuses

February 8, 2008 at 11:59 am (life)

Het ‘n mens regtig altyd ‘n keuse. Daar is die spreek woord dat jy jou eie keuses maak en dat jy altyd een het. In my ondervinding is dit waar, tot ‘n mate maar ook heeltemal onwaar.

Partykeer staan jy voor ‘n keuse maar jy het nie al die inligting nie en omdat jy nie weet dat jy nie al die inligting het nie, neem jy dan ‘n verkeerde besluit net om ses maande of tien jaar in die ry af agter te kom maar, “O disnis,” ek het die verkeerde besluit geneem en nou is daar nie ‘n omkeer kans nie.

Mens staan dikwels voor hierdie keuses in jou tiener jare, jou ouers is te besig met hulle eie dinge om agter te kom dat jy oningelig en sonder genoeg ondervinding keuses moet maak wat die res van jou lewe gaan bepaal.

Later het jy meer inligting maar jy maak slegte besluite omdat dit op daardie tyd dalk na die beste oplossing lyk. Ek is altyd een wat lank en deeglik wik en weeg en na al die moontlike uitkomstes probeer kyk maar jy neem nog steeds ‘n oningeligte besluit want jy weet nie hoe die ander om jou oor ‘n paar maande of jaar gaan reageer nie. Al het jy nou die moeite gedoen om hulle in te lig en hulle mening te kry oor die groot besluit.

 Wanneer jy dan later terugkyk kom jy agter jy het nie so baie opsies gehad soos wat jy gedink het jy gehad het nie en dit was dikwels, in my lewe die geval, dat ek moes tussen een swak, slegte situasie en ‘n ander een kies, en moes maar die beter een van die twee kies. Het ek wel die ander besluit geneem sou ek ook nou nie juis beter gevoel het oor wat uiteindelik gebeur het.

Vrouens veral staan dikwels in hulle middel dertigs met besluite wat geneem moet word op grond van ‘n man se werk en toekoms planne.  Jy neem dan die besluit wat op daai stadium na die beste opsie lyk. ‘n Paar maande later tref manlief se “mid liffe crises” en jou wereld tuimel inmekaar.

Daai krises van hom is so erg dat jy later net wil weghardloop, en ek begin twyfel of so man wat halsoorkop en sonder anker deur sy krises tuimel regtig ‘n vrou se ondersteuning verdien. Die mans wat na hulle vrouens draai en hulle hande vashou om hulle self te help is ‘n ander saak.  Ek praat oor die man wat totaal kop verloor en jou sommer uitsmyt omdat al hierdie dinge wat nou op hom af kom op een of ander wyse dan nou jou skuld is.

En die vrou sit met die gebakte pere, sy het besluite geneem wat haar dalk in ‘n mate haar onafhanklikheid gekos het en nou sit sy na tien jaar as huis vrou skielik op straat die slagoffer van haar man se vriende se skinder veldtog.

Al die vriende wat jy gedink het jy gehad het en 18 jaar lank met sorg na die vriendskap omgesien het is skielik weg, daai is nie die vrou se keuse nie. En so ook baie van die dinge wat in hierdie tyd gebeur. Jy vind jy moet inval by sy keuses en jou keuses raak al hoe minder en kleiner tot jy later niks meer het nie.

Partykeer kom die man tot besinning en ‘n mens kan oor begin en weer probeer maar wat maak jy as hy so baie aangejaag het dat hy in ‘n besigheids venootskap vasgevang is met die snuifie wat nou in die tussen tyd die vyand geword het.  Eerstens kry jy na ‘n tyd die gevoel hy wil nie regtig uit die storie uit nie, maar sy plak in jou huis en jy moet maar iewers anders woon.

So ek kyk na my keuses, kry ‘n eie werk, ek het, dit het nie goed gegaan nie, eerste ronde het ek opgeland in die kloue van ‘n sekspes, die ou man was gelukkig stadig en hy wou eers die sielkundige sagmaak speletjies speel.  Ek was as jong dogter baie onder die pote van sulke mans so ek het hom sien kom en eenvoudig soos ‘n sleg hond van die werk weggeloop. Die volgende plek was nie veel beter nie, die mishandeling aan die hande van ‘n suur en mislike ou vrou vir nege maande het my so bedroef gemaak dat ek byna 20kg verloor het.

Toe was dit nou maar ‘n besluit tussen die soort van mishandeling of die stil maar eensame lewe van die minnares van my eks man. Ten minste weet ek wat die ergste is wat hy kan doen en dis darem beter as om heeldag te moet vlug vir kloue en weg kruip in myself en nie meer eet nie.

Nou as ek terug kyk kan ek sien waar ek die verkeerde keuses gemaak het, elke keer wat ek wou gaan en toe gebly het het die moontlikhede om ‘n lewe vir myself te maak al hoe kleiner geword. Op die laaste, so tien jaar gelede het ek besluit om my toe te spits op my verhouding en alles in te werp om dit te laat werk en nie meer vir myself ‘n loopbaan en lewe te probeer behou nie nie. Ek het ses perde gehad en sonder hulle beteken die lewe vir my regtig niks.

Ek het al die opsies oorweeg en al die moontlikehede gekyk maar niks wat ek kon doen of maak nie sou my ‘n lewe saam met hulle kon gee nie. Maak nie saak wat nie dit sou ten minste tien jaar neem om enigeiets te kon he, teen daai tyd sou die meeste van hulle dood wees. Ek stel nie in myself belang nie so nou sit en wag ek maar net die jare om.

Dis bitterlik eensaam en ek verlang na die perde en ek verwyt myself dat hulle gelos het en nie harder baklei het nie.  Ek weet ek nie ‘n keuse gehad nie, ek weet ek het so hard baklei vir hulle as wat ek kon.  So nou sien ek hom, hy het my perde maar ek mag hulle nooit sien nie. Een is al dood en twee van die ander raak nou baie oud en ek het hulle in byna vyf jaar net een keer vir ‘n paar minute gesien. My hart het daai dag in ‘n duisend stukke gebreek en hy sal nooit weer heel wees nie. 

Nou het ek niks keuses meer nie, hier in die klein land met sy klein verkrampte gemeenskap is regtig niks meer vir my nie.  Al wat ek wil he is om weg te trek na ‘n beter plek en ‘n beter lewe.

 Ek het ‘n bitter duur les geleer, moet nooit, ooit ‘n besluit neem op grond van ‘n ander een se beloftes nie, ek praat nou nie van klein goed nie, ek praat van groot lewens noodsaaklike dinge, want ‘n mens wat nie ‘n belofte kan hou om kaas van die dorp af te bring nie gaan ook nie sy belofte hou om die liefde wat hy weggeneem het terug te gee nie.

Selfde vir werkgewers, nie een het hulle beloftes gestand gedoen nie maar ek was onder ‘n vergroot glas om myne te hou.  Daar was geen geskrewe ooreenkoms nie en toe ek sien maar hierdie mense gaan nie reg maak met my nie het ek geloop.  Ek gaan nie lammers slag (wat my siek gemaak het) en skottlegoed was in my aftyd vir mense wat my nie regverdig kan behandel nie.

Permalink Leave a Comment

The Big But

January 28, 2008 at 5:05 pm (life)

Today I need to vent, this is just my humble opinion but I need to get it off my chest. If I hear the little rhyme “We are the victims of our own success” once more I am going to go and vomit then come back and throw a brick at whoever said it.  I don’t throw too good so anyone else in the vicinity better duck.

You cannot build your castle on sand and when it washes into the sea say “Oh, but I am the victim of my own success.” What utter crap, you dig a foundation, a proper one, or that castle will wash away. The South African government built economic castles and gave millions electricity and houses but they did squat to provide a decent foundation for it all to stand on. And it is not like the money was not available, the amount that goes into corruption alone would fund several power stations. It’s not like the systems and structures to maintain that foundation was not in place they chose to let it go to pot.

If Africa had been in some inaccessible and isolated place where no European had ever ventured or could venture, Africans would still be living in huts, walking to get where they want to go and still be living as nuture intended. Nothing wrong at all with that and if that is what they want, then I do not for one moment blame them for hating the settlers.

I just wonder if they would also be killing each other as is the case in Africa’s wholesale slaughter today?

But and this is the big but, they love cellphones, cars, electricity, clothes, houses with running water, boom boxes, money, status, bling etc etc. Africans love the trimmings of civilization but choose to be civilized only when it suits them. If you want rain then you have to accept the thunder and lightning.

The thing is they were way behind, as the technological revolution that occurred sometime in European history had passed Africa by almost entirely.  I am not saying it would not have happened but where was Africa when the first Europeans set foot on the land in the boats that technological revolution provided.

I am not going to go into much more detail as my knowledge of history is a little sketchy but I think that is the gist. Two wrongs do not make a right but should anyone be held responsible for something someone else did 300 years ago?

And in case anyone has issue with the fact that I am not living in South Africa, I was born a South African in South African territory, I had a South African identity document, I still have it. I grew up a South African and was educated in South African schools. I still think like one and I think of myself as one, I do not think in terms of them and us.  I am just glad that I do not live there, crime is not better here but life here is still ok.

 ******************

“Daar is uiteindelik min regverdiging vir wat ek gedoen het. Hierdie keer is liefde
nie eers ‘n verskoning nie.”

Steve Hofmeyr

Thank you Steve, that’s all I wanted to hear.

Blue Mondays….. 

Permalink Leave a Comment

Mornings, Rain

January 23, 2008 at 12:37 pm (life)

Ek’s verwaand ook. Ek wil mense stop en sê: ”hoe kan julle sit en gesellig wees terwyl ander mense se lewens uitmekaar val?”

Steve Hofmeyr, Blog, January 23

I felt like that too for a long time, when I woke up in the morning to the cheerful chirping of the birds I wanted to go out and tell them to shut up and respect my pain. I still cannot stand the mornings, it’s too cheerful, I’ve blacked my bedroom out, no light gets in.  I go to bed as late as possible so my day can start as late as possible.

Lately Mondays are the absolute worst, I wake up on Mondays feeling like death warmed over. Now I do not interrrupt my sleeping routine at all and maintain it throughout the week so there is no physical reason for feeling worse on Mondays. But Monday mornings I feel severely depressed.

The Steve Hofmery saga is a sad one and I agree with many of the comments I have read on various blogs that ten years is not a mistake and cannot be made out to be one.  However I will not withdraw as his fan or say that I now dislike him, I cannot do that, it would be hypocrtical of me.  I now exactly what he is, I have lived most of my life with someone just like him, the same words, the same actions, the same deeds, the same excuses, the same defensiveness, the same charm, arrogance and ego, I know it all, 25 years of it. And I thought my guy was unique, what a joke and it’s on me. I still love my ex, I wish he would grow a spine but it does not change the good in him either.

My favorite Steve Hofmeyr songs are:

7 Steelway

Hoe Voel jy nou?

Windgat de Klerk

Love’s the Light 

Load shedding is looming and I am not looking forward to it at all, it’s going to get me down. 

The clouds are lovely today and at least it is not as humid as it was yesterday, 70% humdity is never pleasant. The country has been getting wonderful rain and storm warnings have been issued for some areas, where I live it has barely rained at all, weird. I am glad the farmers are getting rain, the rivers and underground water all getting topped up, wonderful, now can we get some too please.

I am saddened by Heath Ledger’s death, it is a tragedy when a young man dies before he has even reached his prime.

Permalink Leave a Comment

Promises and The Scriptwriters Strike

January 22, 2008 at 9:50 am (life, Movies)

I wrote yesterday’s posting before reading Rapport I am not going to comment on anything in particular as enough has been said.  What I will say is that I had Janine wrong, she, as is Natasha, women that have been wronged and as I have been in the same situation I know all about the promises, and that is what I have a problem with.

My heart goes out to Natasha, hugs lady.

They have both been hurt, by him and not by the press or anyone else.

I need to say something about the press, both of them are to blame for the media circus, he should have acknowledged her and she should have kept her mouth shut.

Janine is young and beautiful, she is smart and she can get out, staying then is not wise but I am not going to say she is stupid. Calling her press release on her part sleaze is unfair, she is not sleazy but the whole matter is and I know the shame of living with it, of hiding your face and ending up isolated and alone because you are ashamed of it.

At some point he made those promises and he should keep them, had he done so this whole thing would have stayed under wraps a little while longer. I think Louis van Wyk was going to sell his book on this and now they have both pulled that little carpet out.

Load shedding is going to hit us with a bang. I would not call myself a TV addict but I do enjoy my shows and they do pass the evenings which would have been completely intolerable otherwise but the writers strike in the US is going to put an end to the shows anyway.

The writers are the people that make the entertainment world spin, looks like they get the same treatment bookkeepers do.  Bookkeepers are the engine of any business, they that do the filing and punch in the info, they that pay the bills and sort out the debtors, that maintain the ledgers and balance the back account, without this no business can function effectively, yet it was the lousiest job I ever did for the worst pay and the crappiest benefits.

Writers keep viewers interested with plot lines, one liners, charachter development and sharp dialogue where would TV be without them? Well I guess more people would have a life, Steve Hofmeyr would sell even more cd’s and computer games would be the biggest money spinner (if they are’nt already)….ooops don’t computer games need script writers too, I would not know as it’s not something I am interested in at all.

Bookeeping is a good job for the less sociable people like myself and it is nice when everything balances at the end but I would rather go and lie in my grave than ever do bookkeeping again, I cannot even bring myself to balance my own cheque book I hate it so much.

So writers like bookkeepers are underpaid and under appreciated.

Permalink Leave a Comment

Next page »